Riool Afval in Harties

Minstens 2,2 miljoen liter rioolafval in Harties

Minstens 2,2 miljoen liter rioolafval van die Madibeng-munisipaliteit, wat Brits en Hartbeespoort be-dien, word al sowat ’n maand lank elke dag in die Hartbeespoortdam gestort. Nóg sowat 8 miljoen liter halfverwerkte rioolafval word stroomaf van die dam by Brits in die Krokodilrivier gestort. Mnr. Nigel Adams van die departement van waterwese en omgewingsake se Blou Skerpioene het vroeër vandeesweek bevestig strafregtelike klagte ingevolge die Waterwet is by die polisie teen die aanspreeklike munisipale amptenare ingedien.

Read More …